TUISONDERIG – Algemene vrae

Indeks
1)   Moet jy registreer?
2)     
Hoekom moet 'n ouer registreer?
3)     
Watter vaardighede moet jy as ouer hê?
4)     
Wat se Tuisonderig pakette is beskikbaar?
5)     
Hoe vind monitering deur Provinsie plaas?
6)     
Wat is die grootste voordeel van tuisonderig?
7)     
Nadele van tuisonderig.
8)     
Sosialisering - Hoe kry ouers dit reg dat kind kan sosialiseer soos by skole in groep sport, ens?
9)     
Hoe moet ek as ouer dit aanpak?

 1) Moet jy registreer?

Ja- Registrasie is in belang van die kind om toetesien dat die kind die regte opleiding geniet. As jy aansoek doen moet jy bewys dat dit  in die belang van die kind is vir tuisonderrig. Registrasie vind per provinsie plaas. Elke provinsie het sy eie vereistes.

Registrasies vind per fase plaas. Drie fases bestaan
Fase: Graad 1-3, 2-6, 7-9 . In elk van die fases word registrasie toegestaan. (Dit kan egter verskil van provinsie tot provinsie)
.

2) Hoekom moet 'n ouer registreer?

Die wet vereis dit . Natuurlik is dit moeilik vir die onderwys departement om te bepaal of die ouer geregistreer het of nie. Maar indien die departement dit te hore kom -kan hul teen die ouer optree. Verder berokken die ouer net skade aan die kind. Een van die optrede teen die ouer (teen die kind) is dat hy nie matrikulasie vrystelling kan verkry sonder registrasie nie.  

3) Watter vaardighede moet jy as ouer hê?

Omdat jy as ouer nie oor al die vaardighede beskik nie  mag jy hulp kry van ander vir spesialis vakke bv opgeleide onderwysers. (Wiskunde, Wetenskappe). Verskillende opvoedkundige pakette is tans op die mark om 'n ouer by te staan. Vrystaat is ver gevorderd in tuisonderig

4) Wat se Tuisonderig pakette is beskikbaar?

Daar is 'n groot verskeidenheid. Die Ouer moet kyk na sy spesifieke behoefte. Redimerend of gevorderd.  Nie alle programme op die mark is egter gekeur nie - die betrokke pakket moet ten minste die curriculum van die betrokke provinsie volg en 'n bepaalde standaard daar stel. Pakette beskikbaar.

5) Hoe vind monitering deur Provinsie plaas?

Boeke en vorderings verslae moet by gehou word deur die ouer vir elke kind.

6) Wat is die grootste voordeel van tuisonderig?

Aandag: Een tot een onderwys.
Jy bepaal jou kind se geleerdheid
.
Jy weet wat is jou behoeftes van jou  kind en sy vaardighede – en jy kan aandag gee dat dit spesifiek ontwikkel word.

7) Nadele van tuisonderig.

Roetine gaan verlore. Opstaan, Skool klok wat lui.
Dissipline So ook dissipline in 'n groep verband.
Sosialisering in groep verband. Eenvormigheid bv selfde klere dra.

8) Sosialisering - Hoe kry ouers dit reg dat kind kan sosialiseer soos by skole in groep sport, ens?

Ouers moet moeite doen deur tuisonderig groepe (ouergroepe) te stig waar ouers met mekaar kommunikeer en saam hul kinders op opvoedkundige uitstappies vat? Bv Museums. Daar is verskeie van die groepe waar jy kan inskakel – jou naaste onderwys departement kan jou die inligting gee.

9) Hoe moet ek as ouer dit aanpak?

Selfdissipliene is van uitesrse belang. Pak dit aan met proffesionalisme. Begin 9 uur die oggend en eindig 1 uur. Reël uitstappies en praktiese werk (take) wat in pas met die leer modules. Doen voorbereiding elke aand en vir elke week. Beplan dus jou dae. Met ‘n vol sillabus van hoë akademiese standaard moet ‘n skooljaar se werk binne tien maande afgehandel word. Daar  moet ‘n mate van ordelikheid en ‘n gestruktueerde program wees van die begin.

 Kies die onderwys pakette volgens kinders se behoefte en geaardheid. Doen dit saam met die kind om vertroud te raak met die pakket en self roetine te kry. Die taal wat in die skoolboeke gebruik word, moet ook aanpas by die taalvaardigheid en begripsvermoë van die kind op daardie ouderdom.